Mixtape van die liefde, saamgestel deur Antjie Krog, is ‘n digbundel wat die vriendelike span van Lapa vir my gestuur het.
Die liefde is baie dinge en die bundel is op gedeel in:
- Verliefdheid
- Wat is die liefde?
- Liefde in gesinsverband
- Liefde en pyn
- Liefde en woede
- Liefde wat verder reik
Ek lief liefde. Al is die seer van hartseeer soms absoluut hartverskeurend. Dis die balans van die vlinders; die glimlag wat ongevraagd jou hart verhelder wanner jy bloot aan ‘n geliefde dink.
Hierdie digbundel het iets vir almal, in elke fase van liefhê. Dalk gee ek my ouderdom weg as ek bieg dat my gunstellinge almal deel van my tienerdae was.
Sedert Maart 2021 het ek persoonlik ‘n groot transformasieondergaan. En ek voel asof die heelal my laat weet het “ek sien jou energie” toe ek die bundel vir die eerste keer oop maak op Koos du Plessis sse “Skielik is jy vry”. Natuurlik, ten spyte van die dinge waarvan ek myself vry gestel het is ek te lief en dankbaar vir mense om heeltemal daardie ekstremem vryheid na te jaag. Maar my hart en gemoed is ligter.
Wanneer laas het jy ‘n digbundel van die rak af gehaal? En wat is jou gunstelling gedig oor liefde?
0 Comments