Col’Cacchio se span het hierdie persverklaring deur gestuur met die hoop om verrykende blootstelling te kry vir die Iris House Children’s Hospice and The International Youth Fellowship wat voordeel trek uit die veldtog.
Na die bekendstelling van hul Travel the World-veldtog het Col’Cacchio ’n wêreld van geure na jou plaaslike Col’Cacchio gebring. Om pizza-liefhebbers ’n voorsmakie van Suid-Afrika en Korea te gee, gaan die reis voort met innoverende toevoegings en pizza-kombinasies van die Koreaanse sjef Jamie Jeong en plaaslike braaimeester, Jan Braai.
Jan Braai, wat geen bekendstelling as die gewilde gesig agter die Nasionale Braaidag nodig het nie, het daarin geslaag om die smaak van die geure van pizza en braai te kombineer. Dié pizza is bestrooi met mieliemeel, chakalaka, biestuk, suurroom en ‘n bietjie koljander en aanhangers kan gereed maak hul smaakkliere op ‘n geurreis te neem.
Jeong is die trotse sjef van ’n familie-restaurant wat hulself toespits op die bediening van Koreaanse kookkuns en lekkernye. Haar Bulgogi-geïnspireerde pizza stel jou met die eerste hap reeds voor aan die diepte van sojasous, die geur van heuning en die tekstuur van sesamesaad.
R5 van elke Jan Braai-pizza wat verkoop word, sal aan die Iris House Children’s Hospice geskenk word om gratis gemeenskaps- en hospitaalsorg vir kinders met lewensbeperkte en lewensgevaarlike toestande te bied.
Met elke ‘Oh My Seoul’-pizza van Jeong wat verkoop word, sal R5 aan The International Youth Fellowship geskenk word ter ondersteuning van die grootmaak van generasie leiers.
Klante kan ook vir hul gunsteling pizza stem by www.colcacchio.co.za en staan ook ’n kans om pizza vir ’n hele jaar te wen.
Sluit aan by die reis – proe die wêreld en word verplaas word na ’n ander wêreld.
0 Comments